Die Bloed vlag

Vlag soos deur Siener van Rensburg voorspel: Hier is die voorspelling;

…………………………………………….Die Bloed vlag………………………………………
‘Die volk sal dinge in sÿ eiê hande neem, en die wat nie wil padgee nie, trap hulle dood. Dan sal daar ‘n groot stilte heers net voor die storm wat geweldig maar kort van duur sal wees. Daar sal een emmer bloed omval en daarin sal ons vlag gedoop word en die bloedvlag sal dan wapper oor ‘n Vryê Volk.

Kom ons trek die gedeelte nou uitmekaar en voeg dit saam met ander inligting wat ons reeds het.

vlag – Die volk sal dinge in sy eie hande neem.

Ons moet dit saam lees met die man in bruin en God as heerser. Jesus Christus as leier. As Christelike volk, die enigste ter wereld, sal die Boere magte die Beloofde land stelsel matig inneem. Sonder oorlog, bomme of enige geweld. Die Boere gaan dus bloot begin om saam te trek na die Beloofde land waar hulle met sekuriteit in vrede sal woon soos hulle wil en nie soos voorgeskryf nie.

Sonder leiers en sonder om gedwing te word deur regerings sal die volk begin om na sy eie sake om te sien.

vlag – Die wat nie wil padgee nie, trap hulle dood.

Klink dit erg? Nee, dit beteken eenvoudig dat die mense in die Beloofde land sal kans gegun word om te trek. Hulle kan padgee as hulle nie deel wil wees van die Beloofde land se mense nie. Die wat nie wil padgee nie, word nie letterlik dood getrap nie. Hulle sal egter gestroop word van reg en mag en sal dus figuurlik dood wees soos wat blankes in die verlede gevoel het  onder ‘n swart regering.

Daar gaan egter deur die magte stelselmatig mense deursoek word vir skelms en moordenaars. Die gaan in tronke gegooi word. Nadat almal klaar deursoek is sal die wat oorbly nie meer ‘n probleem wees nie.

vlag – Dan sal daar ‘n groot stilte heers net voor die storm wat geweldig maar kort van duur sal wees.

Terwyl die Boere saam leef agter die deursoek en verwyder van kriminele sal daar stilte heers. Nie geweld en moord nie.  Diefstal sal baie min wees. Dan kom die storm.

Die storm sal plaasvind wanneer die mense begin baklei oor die grens by Vereeinging.

Daar sal een emmer bloed omval en daarin sal ons vlag gedoop word.

Een emmer bloed is gelukkig baie minder as by Bloedrivier waar die bloed sommer die rivier rooi laat word het. Die geweld is ongelukkig onvermydelik en ons gaan nie die stryd wen of verloor nie. Dis onnodige bloed wat gaan val. Hierna gaan die grense egter duidelik uitgespel word by Vereeniging en sal geweld gestaak word.

Duidelik gaan die geveg oor die kommer dat die Gauteng van vandag nie verder ingeneem of oorgeneem mag word nie. Dit is dus ‘n misverstand en onnodige opstand want niemand sal Gauteng wil oorneem nie. Dit moet eerder gesien word dat die Boere as volk sy gedeelte gaan vat en sy grense daarna met geweld sal verdedig.

Die onnodige geweld sal egter meebring dat die vlag van Vryheid gedoop sal word in bloed. Nou is die vlag rooi en bloederig maar dit gaan hier ook oor al die bloed wat al deur die bebloede volk verloor is.

Hier sien ons die finale emmer bloed voor die vrede. Die opoffering van ons seuns, ons soldate, ons vegters, ons verlies aan kinders en vroue. Die konsentrasie kampe. Die verlies by Blaawkrans waar alle kinders dood gemaak was. Die Anglo-Boere oorlog. Die grens oorlog in SuidWes. Die plaasmoorde en noem maar op hoeveel van ons mense gesterf het vir ‘n plekkie in die son en vrede .

Die laaste emmer bloed sal wees waar mense sneuwel as helde vir die laaste stryd om die volk se Vryheid.

Die BLoed vlag sal dan wapper oor ‘n vrye volk.

Die volk is begin by die Vootrekkers se trek uit die Kaap Kolonie.  Bloedrivier en Vegkop is van die eerste gevegte met die laaste by Vereeninging. As die tweede Groot trek plaasvind sal die laaste geveg plaasvind waarin die vlag gedoop sal word. Die Vryheid waarna die Boere gesmag het toe die Vrystaat gestig was. Toe die Transvaal begin was. Daardie Vryheid sal die volk kry na die laaste emmer bloed.

Wat is doop? Ons moet die Bybel se benadering volg wat beteken dat die vlag word nie fisies in bloed gedruk of nat gemaak nie. Die doop beteken toerus met die Heilige Gees. Onthou Johannes het gedoop met water maar die “een wat na my kom” sal julle doop met die Heilige Gees.

As ons nou verstaan wat doop beteken dan verstaan ons dat Jesus doop nou die vlag as simbool van die volk wat met die Heilige Gees gedoop word.

Die Bloedvlag is gedoop. Die kleure nou hemelse kleure. Die dank aan God en nie meer aan mense nie. Nie meer ‘n mense vlag nie, maar ‘n Goddelike vlag. Nie meer Hollandse of ‘n Steyn, de Wet, van der Merwe, Maritz of Engelse vlag nie. Nie ‘n vier of vyf kleur nie maar nou buig die Gelofte volk voor God.

Die Gelofte was nie gemaak aan mense of lande of nasies of regerings of grondwette nie maar aan God. Dus sal die vrede- en vryheids-vlag ‘n Goddelike vlag wees.  Die enigste vlag en nasie wat Christelik sal wees met ‘n Christelike vlag vir ‘n Christelike land.

Hoe lyk ‘n Christelike vlag?

Hemelse kleure is wit soos engele  en hemels blou. Die wapen of beeld sal Christus uitbeeld as ‘n Christelike kruis en hartelike liefde vir sy land en volk.

God se volk en God se vlag van liefde.

Vrede en Liefde vir julle!

5 thoughts on “Die Bloed vlag

  1. Pingback: maillot de foot pas cher

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>